Posted in Uncategorized

Jaloesie

Ah. Watse aaklige, maar so algemene ding.

Jaloesie beeïndig vriendskappe, breek mense se menswees af en vernietig self vertroue.

Daar het nog nooit iets goeds vanaf jaloesie gekom nie. En ekt ñ paar stories om te vertel wat jaloesie veroorsaak het.

Einde 2015, graad 7. Ek het my enigste twee vriende verloor ( veroorsaak deur myself ) en ek was in ñ baie slegte plek. Ek was maar rondom die meisies in my klas, maar ekt nie rerig ñ goeie vriend gehad nie. Daar was ñ meisie wat ek bietjie meer tyd saam gespandeer het, en ons het bietjie closer begin raak. Ekt daardie tyd onlangs uit ñ verhouding gekom en het met ñ nuwe ou begin praat (niks ernstig nie). Die meisie wat ek closer mee geraak het, het vir my gesê ek kan nie dit doen nie ens. Ekt vir haar gesê, die hardkoppige persoon wat ek is, dat ek niks verkeerd daarmee vind nie en ek kan mos vriende hê.

inplaas van om dit te los, maak sy ñ groot fight daarvan en besluit om vir die kinders in my klas te sê eks ñ “slet”. Ek was só geskok en het nog nooit eers regtig daardie woord gehoor nie. Syt gegaan en vir almal in die klas te sê ek gebruik my vriende en hulle moet nie my vriend wees nie. Ek kon onthou hoe ek daardie dag by di huis gekom het in trane. Ekt my ma gebel en ekt vir haar vertel hoe seer gemaak ek is. Hoe ek nie meer skool toe wil gaan nie. Ek kon onthou hoe ek daardie eksamen wat daarop gevolg het nie lus was om te leer nie en net in die bed gelê het en hoe my punte afgekom het. Ek kan onthou hoe daardie desember vakansie ek glad nie geniet het nie, en ek die new years gehuil het om te dink ek gaan weer terug na dit alles in die nuwe jaar.

Die meisie het ñ jaar later admit dit was onregverdig en dat sy jaloers was op my. Eerlikwaar maak dit my tot vandag toe hartseer om daaran te dink.

ek raak net so jaloers partykeer op mense. Op hulle mooi lywe, op hoeveel ouens met hulle praat, of even partykeer hoeveel likes hulle kry. Ek probeer altyd vir myself sê Laurilé jou tyd kom nog, maar dis moeilik om mens se kop rondom sulke goed te kry.

Dat hoekom het daardie persoon beter goed as ek, hoekom doen hulle beter in skool. Dink volgende keer daaran, daardie persoon moes vrekchard daarvoor gewerk het of het baie daarvoor gebid. Sulke goed kom nie net so nie.

En mense wat nie waardeer wat hulle het nie, en vir God dank vir hulle talente nie. Gaan nie gelukkig daarmee wees of hulle gaan dit verloor. Ons moet ten alle tye dankbaar wees vir wat ons ontvang het.

jaloesie kom só maklik. En ons almal is skuldig daaraan. Maar onthou dat jy moet hard werk vir wat jy wil hê, dit gaan nie net in jou skoot val nie.

baie dankie dat jy my blogpost gelees het.

met baie liefde

Laurilé

 

Posted in Uncategorized

Moeder beer

Die vriendelike glimlag wat my groet as ek uit die lughawe stap. Die stywe drukkies, wat my warm maak van binne. En die cheesy grappies wat ek nooit nie voor sal lag nie, dis my ma opgesom in 3 sinne.

Ek dink nie dis moontlik om soveel liefde in een persoon te hê nie. Maar daar is my ma, proof dat mens nooit tè vriendelik kan wees nie. Ek kry trane in my oë om te dink ek sit 2000 km weg van haar af. Om nie elke dag by die huis te kan kom en net vir haar vra “Hoe was mamma se dag?”. Ek kry trane in my oë as ek dink aan al die drukkies wat ek elke dag mis, al die duisende soene op my wang en al die snaakse gesigs uitdrukkings.

Maar ek glimlag as ek dink aan al die “giggles” wat ons al gehad het. As iets genuinely net so snaaks is en ons kan nie ophou lag nie en ons net begin huil van die lag. Ek lag as ek dink aan al die snapchat filters wat ons uittry, en al die gesprekke oor seuns en hoekom ek hulle moet date.

Die gesprekke wat sy letterlik met enige iemand kan voer, of dit nou klein kinders is of ou tannies. Die positiewe uitkyk op alles en die leer van al die nuwe “cool” dinge. Mis ek.

Mense sê so baie “Ek het die beste ma” Maar ek is so seker daarvan ek het die beste een.

Ek voel elke dag so geseënd om so goeie Ma in my lewe te hê. Een waarmee ek alles kan deel, een waarmee ek kan lag, een wat my so verskriklik baie lief het.

Ek waardeer my ma verskriklik baie, iets wat ek dink nie almal van ons altyd doen nie. Ons dink ons ma’s is net daar, maar hulle is so lief vir ons. Hulle doen soveel moeite vir ons en hulle sal jou needs altyd voor hulle eie sit.

En dis regte liefde. Ek wil net vir almal remind, om vir jou ma ñ drukkie so af en toe te gee en net te sê “Dankie, eks lief vir ma/mamma” Want ek sal enige iets gee om nou vir my ma ñ drukkie te kan gee.

Onthou om jou ma te waardeer. Sonder haar, sou jy niks wees nie.

Met baie liefde

Laurilé

Slide into the dm’s en gee vir my jou terugvoering. Vertel my stories wat verband hou met my blog, ek kan jou tot help met jou probleme. Eks hier om met jou te praat.

 

Posted in Uncategorized

My verhouding met God

Soos my klein suster, vra ek ook gereeld vir myself “Wie is God?” “Waar bly hy?” en “is hy ons vriend?”. Ek voel deesdae net so nuuskierig soos sy. Ek was nog nooit ñ groot Christen nie. Ek sukkel nog altyd met my geloof en verhouding met God.

Ek gaan 100% eerlik met julle wees op hierdie blog post.

So, eks die afgelope jaar en ñ half deur goed wat my seer gemaak het, my depressief op tye gemaak het en my definitief lesse laat leer het. Ek blameer glad nie die situasies op my struggle met my geloof nie, ek sien dit glad nie so nie.

Volgens my was dit God se harde manier om vir my te sê “Luister hier Laurile, jy moet bietjie wakker skrik”

Eks definitief nie ñ engeltjie nie, ekt my fair share van foute gemaak in die verlede. Maar sho, dit voel asof dit my so volwasse gemaak het.

Ons almal gaan deur moeilike tye, wat ookal dit is. Maar volgens my gaan dit als oor hoe ons dit hanteer. Gaan jy in die situasie gaan met ñ negatiewe mindset? Of gaan jy die beste van dit maak, en dit uit sorteer met God aan jou sy?

Matteus 17:20 “Dit verseker ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ñ mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees.” 

Dis vir my sό ñ mooi vers. “Niks sal vir julle onmoontlik wees nie”

Maar kom ek vertel nou hoekom ek hoofsaaklik so sukkel met my geloof.

Ek bid elke aand, en ek gaan kerk toe. En ek lees die Bybel so af en toe. Maar maak dit mens ñ Christen. Nee, terwyl jy daardie goed doen, moet jy dit doen omdat jy wil, nie net “Sommer” nie.

Dit voel vir my asof dit op ñ manier verwag is dat mens ñ Christen moet wees. Ek bedoel, as jy nou hoor iemand sê “Eks nie ñ Christen nie” Dan gaan jy sleg dink van hulle, ons verwag maar net almal is Christene, en ek dink dis waar soveel mense verkeerd gaan. Vat nou iemand wat kerk toe gaan, net omdat hulle vriende gaan, iemand wat as iemand vra of hulle ñ Christen is, gaan ja sê sonder om te dink, omdat hulle bang is oor die persoon se reaksie as hulle iets anders sê. Hulle doen dit maar net omdat almal dit doen, en dis so verkeerd.

Hoe ver ek nou al geskryf het klink dit dalk asof ek nie ñ Christen is nie. Maar ek is definitief. My probleem kom in waar ek wil ñ kind van God wees. Ek wil hom by my voel. Ek wil ñ verhouding met hom hê, maar dit voel asof ek net in ñ roetine geval het, waar ek elke aand bid, en omtrent dieselfde ding sê en dit nie bedoel nie. Ek gaan elke sondag aand kerk toe, maar dit voel vir my asof ek nie meer luister wat die woorde is in die liedjies wat ons sing nie, ek neem nie meer die preke in nie en pas dit toe op my lewe nie. En ek blameer niemand anders as myself daarvoor nie. Ekt laat gaan, en nie meer die rede gesien hoekom ons God in ons lewe hoef te hê nie.

En eks doodseker dit gebeur met baie van ons.

Ek smag daarna, om te kan sê “Ek is ñ Christen” en te weet dis die waarheid.

Ons vergeet partykeer wat God van ons verwag en wat ons van Hom verwag. En ek het ñ manier gekry wat my baie goed help om die belangrike goed te onthou.

Ekt ñ boek gekry en elke keer as ek sukkel met iets, of ek voel dat ek met God wil praat, skryf ek alles wat my pla, alles wat ek vir God wil vertel op daardie bladsy. Dis asof ek dan uitfigure hoe om my probleem op te los. Omdat ek baie hou van skryf vind ek baie keer uit hoe ek voel oor iets of hoe ek ñ situasie moet hanteer deur daaroor te skryf. Daars klomp papiere in my kamer met al my probleme op.

Van nou af, wil ek ñ punt daarvan maak om my verhouding met God elke dag te verbeter en te versterk. En ek dink ons almal kan dit reg kry met ñ bietjie commitment.

Om my eie vrae te beantwoord. “God is die lig in hierdie donker wêreld, die een wat altyd daar gaan wees vir ons in ons tye van nood.” “God is in jou hart, langs jou. Hy is oral. Sodat jy net aan Hom kan dink, en hy daar vir jou kan wees” en “God is ons beste vriend en ons Pa. Hy’s die een wat ons beskerm en na al ons probleme luister.”

Baie dankie dat jy my blogpost gelees het.

Onthou om vir my te sê wat jy dink van my blog en hoe jy dit ervaar. Vertel my van julle stories, en ek sal julle gerus help.

Met baie liefde

Geskryf deur Laurilé

 

 

Posted in Uncategorized

Ons verskille

Eerlikwaar, sukkel ek die afgelope tyd nogal baie om op te kom met posts. Ek slaan net blank en weet nie wat om te skryf nie. Want ek wil nie net enige iets skryf wat nie vir my spesiaals is en my nie raak nie.

Ons almal is sό verskillend en so anders. Ons het verskillende gedagtes. Ons glo in verskillende goed. Hierdie verskille is wat ons, ons maak. As jy jouself of ander probeer verander en daardie einste goed wat hulle, hulle mak weg vat. word deeltjies van ons weg gevat. Die manier hoe God ons gemaak het, word verander.

Sure, dis lekker om met iemand te praat oor dinge wat julle altwee interesseer maar dis ook lekker om ñ nuwe aspek en gedagte oor iets te hoor. Iets nuuts te leer.

Ons kan so “close minded” wees. “Tonnel visie”. Ons sien net wat ons wil en fokus net op die goed wat ons in belangstel. Ons sny mense uit ons lewens of judge mense so vinnig oor wat hulle gedagtes, waardes of belangstelle is. En dis so verkeerd. Dis altyd vir my so interessant om nuwe mense te leer ken, om al hulle meenings oor goed te hoor.

Om ñ voorbeeld te noem. Daars nou hierdie ou, en hy is baie sportief. Hy gym elke dag en doen allerhande sporte, en hy is opsoek na ñ meisie wat net so sportief soos hy is. Wat die gym net so goed soos hy kan vat en deelneem in hokkie en netbal. As ñ meisie met hom begin praat wat dalk nie die mooiste lyf het nie en nie so baie sport doen nie, skryf hy haar dadelik af. Hy maak ñ besluit dat hy nie belangstel in haar nie. Dit gebeur in verskillende situasies, so gereeld.

Ons mis uit op sulke goeie mense, sulke goeie ervarings, oor ons tonnel visie. Ek dink as ons net meer oop is vir nuwe goed. Goed wat bietjie verskil van ons daaglikse gedagtes.

Kom ons aanvaar bietjie daardie verskil. Net dalk draai daardie verskil in iets positiefs uit.

Baie dankie dat jy my post gelees het

Met liefde

Laurilé


Dit voel vir my asof ek vir myself soveel nuwe lewenslesse leer deur die blog. Ek leer ken myself beter. Ek wil net weereens dankie sê aan almal wat my blog posts lees en vir my terug voering daaroor gee.

Ek wil van julle ñ groot guns vra. Vertel my van julle stories, ervarings en gedagtes oor sekere onderwerpe. Volgens my gee ek redelik goeie raad, en as ek dink daars mense wat kan relate met die probleem sal ek graag ñ post daaroor wil maak waarin ek my raad vir die situasie sit.

Onthou weereens om julle terugvoering oor my blog te gee.

Baie dankie vir almal se ondersteuning.

 

Posted in Uncategorized

Niemand kan besluit behalwe ek

Ek trek volgende jaar vanaf Swakopmund na Pretoria toe. En soveel mense het my gevra hoekom ek wil trek? Hoekom los ek alles agter wat ek ken.

My eerste paar posts het oor goed gegaan wat julle mee kan relate, maar hierdie gaan meer oor myself.

Ek bly al in Swakopmund vir 10 jaar saam my oupa en ouma en gaan kuier vakansies vir my ma in Pretoria. En vandat ek 10 was kon ek kies om by my ma te gaan bly, maar ek was nog altyd gelukkig in Swakop en het nie ñ rede gehad om Pretoria toe te trek. Maar nou wonder jy, is daar nou ñ rede om in die middel van hoërskool na ñ dorp toe trek wat nag en dag verskil van die klein dorpie wat ek nou in bly?

Wel, jy kan so sê.

Het jy al op die flieks gesien of het jou ouers jou selfs al vertel van al die goed wat hulle in hoërskool gedoen het en hoe baie hulle dit geniet het. Hoe hulle nooit hulle hoërskool dae sal vergeet. Wel, dit voel vir my asof ek die teenoorgestelde ervaring sover het. Sure, daar was soos een of twee regte goeie memories van die afgelope 1 en ñ halwe jaar van hoërskool. Maar oor die algemeen, geniet ek dit nie. Dit voel asof ek net besig is om hoërskool weg te wens. Elke dag sê ek vir myself ek kan net nie wag tot die naweek nie, en dan kom die naweek, dan doen ek niks en dan dink ek, wag vir die volgende naweek, dit sal beter wees. Ek geniet nie die weke nie, en ook nie die naweke nie. Ek is sό ñ negatiewe persoon vandat ek in hoërskool is en alles wat met my gebeur het. Jy dink seker ek oordryf net en dis mos maklik om nie negatief te wees nie. Maar dis rerig een van my grootste probleme, as ek die oggend in ñ slegte bui wakker word, kan ek letterlik nie daar uit kom nie.

Ek kom agter ek wag vir iets goeds om in my lewe te gebeur, en niks gebeur nie. Om elke hoek en draai is daar net teleurstellings vir my.

Die volgende rede is, jitte ek mis my ma en suster. Hulle is op die oomblik die belangrikste mense in my lewe. As ek die dag sleg voel en net ñ drukkie kort, is my ma nie daar nie. Sure, ek kan haar bel, ek kan met haar praat, maar dit is glad nie dieselfde nie.

Ek het soveel goeie geleenthede in SA. Soos julle weet wil ek ñ joernalis word. By die skool is daar ñ fotografie klub, ek kan vir die skool koerant gaan skryf en ek kan ook vir hulle radio stasie stukke skryf. Ek dink ek sal rerig gelukkig wees by die nuwe skool.

Almal wat hierdie gelees het, het ñ heeltemale ander kant van my gesien. Almal by my skool weet ek steek hoe ek voel nie weg nie. Almal weet as ek in ñ slegte bui is, maar die mense wat net foto’s van my sien weet dit dalk nie.

Die post is in geen manier bedoel om enige iemand te blameer vir hoe ek voel nie. Dis ek alleen wat die keuse gemaak het om na my ma toe te trek. Ek dink nie dis nodig vir enige iemand om my te judge oor hoe ek oor sekere goed voel nie, want daar’s soveel mense wat so voel, wat niks daaroor sê of niks daaraan kan doen nie.

Ek het aan die begin gesê die post gaan oor myself, maar tog is daar dalk party van julle wat julle eie probleme met myne kan vergelyk.

Dankie dat jy my post gelees het

Met liefde

Laurilé

Onthou om vir my terugvoering te gee deur ñ DM (direct message) op instagram te stuur, of net vir my voorstelle te gee wat ek oor volgende kan skryf.

Posted in Uncategorized

Die beeld van die perfekte lewe

Een van die voorstelle was vandag se samelwing, en toe dink ek, omdat dit onder vandag se samelewing val, dat ek dit die onderwerp gaan maak.

Almal meet hulle geluk met hoeveel likes hulle gekry het, oor hoe lank hulle met daai ou gevry het of hoe groot hulle thigh gap is. Hoekom verminder ons, ons eie geluk?

Alles oor die perfekte lewe wat almal in hulle koppe het. Jy moet die nuutste foon hê, jy moet die nuutse klere hê en jy moet ñ ou of meisie hê. Alhoewel almal hulle koppe skud, en sê ja ekt vriende wat dalk nie een van daardie goed het nie. Maar het jy al rond geloop en iemand gesien met ou klere aan en gedink “Wat het sy aan” of op iemand se instagram account afgekom en gedink “Wow, hy weet rerig nie hoe om ordentlike foto’s te neem nie.” Ons almal doen dit.

En dis omdat daardie perfekte lewe al so in ons kop ingedril is, al het ons self nie die perfekte lewe nie. Een van my posts het oor sosiale media gegaan. En hierdie is nog iets wat sosiale media veroorsaak.

Ek dink vandag se celebrities het ñ massive invloed op wat ons dink is cool, en wat nie. Het jy al in tydskrifte se klere afdeling gesien, dat hulle ñ foto van iemand bekend sit en dan elke kleding stuk se prys noem en waar om dit te kry?

Modelle het sekere beperkings in terme van lengte en hulle nommer klere. As hulle groter is dan mag hulle nie by daardie model agentskap aansluit nie. Alhoewel daar agentskappe is wat mense van enige grootte aanvaar, is hulle glad nie so in die publieke oog soos Victoria Secret of Calvin Klein nie. Jyt al die vrouens met die verskriklike lang bene en gespierde mae en die mans met die six- en eightpacks met die Calvin Klein onderbroeke aan gesien.

Dis almal se motivering as hulle begin oefen of begin gym. “Ek wil Gigi Hadid se maag hê , en Candice Swanepoel se bene.” “Ek wil Zac Efron se abs hê en Chris Hemsworth se biceps”

Ons idee van ñ perfekte lewe is besig om almal se geluk te verminder, se fokus op die regte dinge af te haal en ons selfbeeld af te breek.

Moenie onder die groep val wat in die perfekte lewe glo nie, wees van die’s wat glo almal is ewe perfek.

Met liefde

Laurile

Onthou om vir my terugvoering te gee deur ñ DM (direct message) op instagram te stuur, of net vir my voorstelle te gee wat ek oor volgende kan skryf.

Posted in Uncategorized

Sosiale media

Ja, orals waar ek gaan kyk ek waar ek ñ foto kan neem vir Instagram en begin vir ñ caption soek. Maak dit my obsessed? Dalk so bietjie.

Daar is ñ negatiewe asook positiewe kant aan dit.

Ek weet, ek weet. Die skole preek oor sosiale media, jou ouers doen. Maar eks net hier om my perspektief daaroor te gee.

Eks die persoon in ons klas om eerste Instagram te kry. Ek dink ekt soos in graad 5 of 6 gekry. Ek kan onthou ekt soos die weirdste goed gepost wat glad nie sin maak nie. Ekt seker vandat ek dit begin het tot in met einde graad 7 nie rerig baie followers gehad nie, tot in met ek in graad 8 gekom het en my foto’s beter geword het.

So vir die wat wonder, hoe op aarde het Laurilé in die 2000 followers? Ekt dit al vir 4 jaar. En as jy nie iets spesiaals het, of goeie foto’s post nie, is daar ñ groot kans dat mense wat randomly op jou account kom jou nie gaan follow nie. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek sê nou nie ekt die mooiste fotos nie. Eerlikwaar weet ek self nie hoe ek dit reg gekry het om so baie followers te hê.

Okay, maar klaar gepraat oor followers.

Ek dink sosiale media het ñ goeie invloed op jou as jy dit op ñ gesonde manier gebruik. Met dit bedoel ek, nie 24/7 jou feed te update en elke 5 minute deurblaai of oor elke liewe ding te snapchat nie (eks sό skuldig daaraan).

Dit voel partykeer asof sosiale media daar vir jou is, as niemand met jou praat by ñ kuier of as jy op jou bed lê en nie weet wat om te doen nie, dan tel jy net jou foon op wat langs jou lê en daar is die hele wêreld, by jou vingerpunte.

Maar, gereeld kruip ons agter sosiale media weg, en is iemand wat ons nie werklik is nie. Het jy al van die TV show, Catfish, gehoor? As jy nie het nie, dis twee ouens van MTV wat na versillende dorpe toe vlieg en ry en uitvind of die mense se geliefdes rerig is, wie hulle sê hulle is. En ek gee jou een raai waar hulle mekaar ontmoet het? Jip, sosiale media. 90% van die tyd is die mense fakes en was net ñ creepy dude, of vrou.

So ek sê nou nie elke tweede persoon doen dit nie, maar ons sit ñ ander prentjie van onsself op sosiale media. Dink daaraan, die dag wanneer iemand jou gaan ontmoet wat nog net heeltyd na jou sosiale media gestaar het en met jou op whatsapp gepraat het (ja, whatsapp is ook sosiale media) gaan hulle sê: “Wow, jys presies dieselfde as wat jy is op die foon en in foto’s” of gaan hulle dalk sê: “Jy is heeltemal anders”

Ons almal is skuldig daaraan. Ons verander deeltjies informasie van onsself, om cooler te lyk. Maar as dit kom dat ons mense in die regte lewe ontmoet, is ons iemand heeltemal anders.

Alhoewel ek seker nooit snapchat, instagram, of whatsapp van my foon gaan delete nie, wil ek leer om dit meer gesond te gebruik en my lewe in die oomblik te leef.

Dankie dat jy my post gelees het

Met liefde

Laurilé

Onthou om vir my terugvoering te gee deur ñ DM (direct message) op instagram te stuur, of net vir my voorstelle te gee wat ek oor volgende kan skryf.

Posted in Uncategorized

Hoekom het ek ñ blog begin?

As jy my ken wonder jy seker. Hoekom het Laurilé ñ blog begin? En as jy my nie ken nie, wonder jy hoekom ñ tiener meisie wat niemand omtrent eers ken ñ blog begin.

So, ek wil bietjie uitbrei oor die onderwerp.

My droom is om eendag ñ suksesvolle joernalis te wees. Ek wil skryf vir ñ lewe, omdat ek dit so baie geniet. Ek kan ure sit en ñ storie skryf, ñ quote skryf, of net enige gedagte wat in my kop in kom.

Die navorsing wat ek oor suksesvolle joernaliste gedoen het, het almal gesê dat hulle van  ñ jong ouderdom skryf. Dat hulle uitgeblink het in hulle taalklasse en daar nog altyd ñ passie in hulle was om te skryf. So, hoe beter om my eie blog te begin en my ervaring op te bou.

Ek gee nie om of 100de mense my blog lees of net 10, ek gee ook nie om of baie mense daarvan hou nie. Ek doen dit vir myself, maar ook dalk om ander mense aan te raak en oor goed te skryf wat mense kan sê “Dis presies hoe ek voel!” of iemand deur iets te help waardeer hulle gaan.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek sal dit love as klomp mense daarna kyk en daarvan hou, maar ek sal nie so gepla wees as niemand daarvan hou nie.

Ek sal atleast een keer ñ maand ñ post op sit waar ek skryf en julle van my ervarings vertel en soos die naam van die blog sê, my gedagtes deel.

Baie dankie dat jy die moeite gedoen het om my blog te lees, en ek sal dit wardeer as jy gereeld my posts lees en my sê wat jy daarvan dink.

Met liefde,

Laurilé Nel

Letwel: die dag van my posts hang af van hoeveel en wanneer ek data het in daardie week of maand. Ek sal seker maak om op Instagram af te kondig wanneer ek iets gepost het.