Populeriteit

Hey julle. Eks doodseker almal het al vergeet ekt n blog. Classic Laurile. Ekt verskeie verskonings maar ek gaan eenvoudiglik net aan gaan en jammer sê.

Maar ek wil bietjie praat oor populeriteit. Ek dink ons streef daarna, ons almal wil van gehou wees, die persoon wees op almal se lippe.

Die vraag is, hoe ver is ons bereid om gaan ons gaan vir daardie doelwit? Ek praat op meeste van my blogs oor baie mainstream probleme, maar dis mainstream vir ñ rede, want dis probleme wat ons almal face en ons almal mee moet deal.

So, het jy al van daai meisies of ouens gehoor wat so populêr is, wat jy net hulle name sê en hulle weet dadelik wie dit is, maar jy hoor duidelik nie goeie goed van hulle nie.

Hoekom is hulle so populêr, terwyl ander mense wat dieselfde goed doen, gekritiseer word daarvoor? Dis eenvoudig, dis alles glad nie soos dit vir jou lyk nie.

Die regte mense, die tipe mense waarmee jy jou hele lewe mee wil spandeer, of dit nou ñ man of vrou, vriend of vriendin is, gaan nie geinteresseerd wees in hulle wees nie.

Want jy wil nie trou met iemand wat teveel of te vroeg in hulle lewe drink of rook nie. Kyk, ek weet daar is mense wat nie omgee oor daardie goed nie, maar volgens my stel almal wat ñ gelukkige lewe wil lei nie belang om iemand in hulle lewe te hê wat teveel drink nie.

Daar is ñ ouderdoms beperking op alkohol en rook en dwelms is onwettig vir ñ rede. Ek is nie teen ñ glasie wyn saam jou ouers nie, maar ek rol my oë so erg as ek hoor hierdie persoon het weer dronk geraak hier en daardie meisie het dit met daardie seun gedoen.

Ons almal maak foute en ek verstaan as iemand dit een of twee keer doen, maar die heeltyd? Jammer, dis nie meer n fout nie.

Ekt al gehoor mense sê dat sonder drank sal kuiers nie so lekker wees nie, ek sal nou nie uit experience kan praat nie, maar mens kort nie drank om jouself te geniet nie, daars iets fout met jou of jou vriende as jy dit kort.

Maar steeds bly die vraag, hoekom is hulle populêr, maar ander wat dit doen word sleg van gepraat. Hulle is net gelukkig om die regte mense te ken en oor die weg te kom met die regte mense.

Party mense dink dis dalk onregverdig dat party mense so populêr is, net vir die dinge wat hulle saam die “in crowd” doen. Dit het my ook so erg gepla, want daai mense het partykeer nie eers goeie persoonlikhede nie. Maar ekt net besef dat God sê dat daar iets goeds in almal is, en daardie mense lewe dalk nie reg nie. Maar God het hulle lewe so beplan vir ñ rede. Moenie worry oor hoe hulle lewe gaan uitdraai nie en wat alles met hulle gaan gebeur nie, dis in God se hande, en hy weet wat om te doen.

Die uitweg is nie om te drink, te rook of iets te doen met ñ meisie of seun wat jy nie wil om in te pas nie. Jy moet altyd die beste version van jouself probeer wees. Nie die version wees wat ander wil hê jy moet wees.

Dankie dat jy my post gelees het

Met liefde

Laurilé

Onthou om vir my terugvoering te gee deur ñ DM (direct message) op instagram te stuur, of net vir my voorstelle te gee wat ek oor volgende kan skryf.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s