Niemand kan besluit behalwe ek

Ek trek volgende jaar vanaf Swakopmund na Pretoria toe. En soveel mense het my gevra hoekom ek wil trek? Hoekom los ek alles agter wat ek ken.

My eerste paar posts het oor goed gegaan wat julle mee kan relate, maar hierdie gaan meer oor myself.

Ek bly al in Swakopmund vir 10 jaar saam my oupa en ouma en gaan kuier vakansies vir my ma in Pretoria. En vandat ek 10 was kon ek kies om by my ma te gaan bly, maar ek was nog altyd gelukkig in Swakop en het nie ñ rede gehad om Pretoria toe te trek. Maar nou wonder jy, is daar nou ñ rede om in die middel van hoërskool na ñ dorp toe trek wat nag en dag verskil van die klein dorpie wat ek nou in bly?

Wel, jy kan so sê.

Het jy al op die flieks gesien of het jou ouers jou selfs al vertel van al die goed wat hulle in hoërskool gedoen het en hoe baie hulle dit geniet het. Hoe hulle nooit hulle hoërskool dae sal vergeet. Wel, dit voel vir my asof ek die teenoorgestelde ervaring sover het. Sure, daar was soos een of twee regte goeie memories van die afgelope 1 en ñ halwe jaar van hoërskool. Maar oor die algemeen, geniet ek dit nie. Dit voel asof ek net besig is om hoërskool weg te wens. Elke dag sê ek vir myself ek kan net nie wag tot die naweek nie, en dan kom die naweek, dan doen ek niks en dan dink ek, wag vir die volgende naweek, dit sal beter wees. Ek geniet nie die weke nie, en ook nie die naweke nie. Ek is sό ñ negatiewe persoon vandat ek in hoërskool is en alles wat met my gebeur het. Jy dink seker ek oordryf net en dis mos maklik om nie negatief te wees nie. Maar dis rerig een van my grootste probleme, as ek die oggend in ñ slegte bui wakker word, kan ek letterlik nie daar uit kom nie.

Ek kom agter ek wag vir iets goeds om in my lewe te gebeur, en niks gebeur nie. Om elke hoek en draai is daar net teleurstellings vir my.

Die volgende rede is, jitte ek mis my ma en suster. Hulle is op die oomblik die belangrikste mense in my lewe. As ek die dag sleg voel en net ñ drukkie kort, is my ma nie daar nie. Sure, ek kan haar bel, ek kan met haar praat, maar dit is glad nie dieselfde nie.

Ek het soveel goeie geleenthede in SA. Soos julle weet wil ek ñ joernalis word. By die skool is daar ñ fotografie klub, ek kan vir die skool koerant gaan skryf en ek kan ook vir hulle radio stasie stukke skryf. Ek dink ek sal rerig gelukkig wees by die nuwe skool.

Almal wat hierdie gelees het, het ñ heeltemale ander kant van my gesien. Almal by my skool weet ek steek hoe ek voel nie weg nie. Almal weet as ek in ñ slegte bui is, maar die mense wat net foto’s van my sien weet dit dalk nie.

Die post is in geen manier bedoel om enige iemand te blameer vir hoe ek voel nie. Dis ek alleen wat die keuse gemaak het om na my ma toe te trek. Ek dink nie dis nodig vir enige iemand om my te judge oor hoe ek oor sekere goed voel nie, want daar’s soveel mense wat so voel, wat niks daaroor sê of niks daaraan kan doen nie.

Ek het aan die begin gesê die post gaan oor myself, maar tog is daar dalk party van julle wat julle eie probleme met myne kan vergelyk.

Dankie dat jy my post gelees het

Met liefde

Laurilé

Onthou om vir my terugvoering te gee deur ñ DM (direct message) op instagram te stuur, of net vir my voorstelle te gee wat ek oor volgende kan skryf.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s